My benadering is gegrond op die belangrikheid van ‘n veilige ruimte vir terapie. Dit vereis ‘n oop, meelewende en nie-veroordelende houding. Ek plaas groot waarde in die ‘terapeutiese alliansie’, wat beteken dat terapie ‘n aktiewe samewerking tussen die terapeut en kliënt is.
Terapie kan ‘n proses van genesing wees of ondersteuning in tye van nood, maar ook ‘n proses van persoonlike groei. Ek pas my terapeutiese benadering aan volgens die spesifieke behoeftes van elke individuele kliënt.
Hierdie artikel wys 4 maniere om gelukkiger te wes. Hierdie idees is reeds bekend in ‘tradisionele’ sielkunde, maar word hier bewys met navorsing uit die veld van neurowetenskap. Die artikel maak die inligting maklik om te verstaan en is beslis die moeite werd om te lees! (artikel in Engels).
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm