Welkom by my webwerf. Ek is ‘n kliniese sielkundige in Brackenfell in die noordelike voorstede van Kaapstad. Ek spesialiseer in ondersteunende psigoterapie met volwassenes.

My benadering is gegrond op die belangrikheid van ‘n veilige ruimte vir terapie. Dit vereis ‘n oop, meelewende en nie-veroordelende houding. Ek plaas groot waarde in die ‘terapeutiese alliansie’, wat beteken dat terapie ‘n aktiewe samewerking tussen die terapeut en kliënt is.
Terapie kan ‘n proses van genesing wees of ondersteuning in tye van nood, maar ook ‘n proses van persoonlike groei. Ek pas my terapeutiese benadering aan volgens die spesifieke behoeftes van elke individuele kliënt.

Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die maak van afsprake, navrae oor rekeninge en algemene administrasie:

Maandag – Vrydag 8vm – 5nm.

(U kan my Praktykbestuurder Elizabeth kontak op 021 982 2554)

Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:

Maandag 9vm – 5nm
Dinsdag 8vm – 3nm
Woensdag 8vm – 3nm
Donderdag 10:30vm – 6nm
Vrydag: Geen afspraak tye.