Ek het my BA-graad deeltyds deur UNISA voltooi en ‘n Honneursgraad in Sielkunde by UCT verwerf. Ek het ook ‘n Meestersgraad in Kliniese Sielkunde by UKZN, Pietermaritzburg behaal. In 2008 het ek my internskap by die Fort Napier Psigiatriese Kompleks in Pietermaritzburg voltooi. My internskap het plasings by verskeie klinieke en by die Town Hill Psigiatriese Hospitaal ingesluit. Tydens my jaar van gemeenskapsdiens was ek in beheer van die sielkunde kliniek by die Northdale Hospitaal in Pietermaritzburg.
Ek het ondervinding met trauma, depressie, angstigheid, verlies, stres, aanpassingsprobleme, verhoudingsprobleme en persoonlike groei. Ek het ‘n belangstelling in trauma en het voorheen gewerk by ‘n trauma-sentrum in Woodstock (The Trauma Centre for Survivors of Violence and Torture).
My benadering is gegrond op die belangrikheid van ‘n veilige omgewing vir terapie. ’n Veilige terapeutiese ruimte benodig ‘n oop, meelewende en nie-veroordelende houding. Vir my is die ‘terapeutiese alliansie’ tussen terapeut en kliënt baie belangrik.
My benadering is breedweg Psigodinamies. Om meer spesifiek te wees, ek het ‘n baie sterk belangstelling in Relational Psychoanalysis en Attachment Theory. Ek werk ook met Kognitiewe Gedragsterapie en Mindfulness waar van toepassing.
Fontana Gesondheidsentrum bied ook die volgende dienste:
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm