‘n Neurowetenskaplike wys 4 maniere om gelukkiger te wees

Hierdie artikel wys 4 maniere om gelukkiger te wes. Hierdie idees is reeds bekend in ‘tradisionele’ sielkunde, maar word hier bewys met navorsing uit die veld van neurowetenskap. Die artikel maak die inligting maklik om te verstaan en is beslis die moeite werd om te lees! (artikel in Engels).

‘Hoe ek verhoog vrees oorkom het’

Hierdie TED praatjie beskryf die ervaring van angstigheid baie mooi. Dit gee ook ‘n oulike verduideliking van hoe ons natuurlike ‘veg of vlug’ reaksie inskop wanneer ons angstig is (praatjie in Engels).

Wat is psigoterapie?

Hierdie 3 minute animasie video verduidelik meer omtrent terapie. Dit maak die punt dat terapie meestal vir normale mense met normale uitdagings is (video in Engels).

Bewyse dat oefening ons weerstand teen depressie verhoog

Drie stelle navorsing presenteer sterk bewyse dat oefening ons meer weerstandig maak teen depressie (artikel in Engels).

Die mag van Introverte

Dit kan moeilik wees om ‘n introvert te wees in ‘n kultuur waar om baie sosiaal te wees bewonder word. Susan Cain verduidelik in hierdie passievolle praatjie dat introverte ongelooflike bydraes tot die wêreld kan maak in terme van hul unieke talente en vermoëns. Sy verduidelik dat introverte aangemoedig en waardeer moet word (praatjie in Engels).

‘n Gewilde sielkunde webblad

http://psychcentral.com/

Die neuropsigologie van dankbaarheid

Hierdie artikel verduidelik hoe ons brein verander om ons toe te laat om nuwe gedrag of denkpatrone aan te leer (artikel in Engels).

Wat om te verwag na ‘n traumatiese gebeurtenis

Hierdie artikel is vol inligting oor hoe mense gewoonlik reageer op ‘n traumatiese gebeurtenis. Daar is ook ‘n paar wenke wat kan help met die herstel proses (artikel in Engels).

Wenke om slaap te verbeter

Hierdie 15 maniere om vinniger aan die slaap te raak is wetenskaplik bewys. Enige iemand kan hierdie trieks gebruik om slapeloosheid te voorkom (artikel in Engels).

Vorige Volgende