Jy mag dalk ander professionele persone sien oor dieselfde probleem wat jou hierheen gebring het. Dit is belangrik dat hierdie persone weet dat ons saam werk omdat dit dalk ‘n invloed op hul werk met jou mag hê. Op dieselfde manier sal ek graag wil weet of jy tans enige gesondheidsprobleme het wat dalk jou simtome mag beïnvloed. Ek sal graag jou toestemming wil hê om met jou dokter of ander spesialiste te praat. Laat weet my asseblief as dit vir jou problematies is. My korrespondensie aan ander spesialiste is minimaal en sal nie onnodige persoonlike inligting insluit nie. Ek sal altyd jou toestemming kry en jou inlig voordat ek inligting met ‘n ander spesialis deel.
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm