My praktyk is in-gekontrakteur by die mediese fondse. Ons eis direk van jou mediese fonds deur ‘n elektroniese stelsel. Daar is groot verskille tussen die mediese fondse oor hoeveel van my dienste hulle bereid is om te dek. Dit is ‘n goeie idee om so vroeg as moontlik by jou fonds seker te maak. Vind uit hoeveel van my sessie fooi hulle sal betaal en hoeveel 60 minute psigoterapie sessies by ‘n sielkundige gedek is. Indien jou mediese fonds, om enige rede, nie jou eis betaal nie, sal jy verantwoordelik bly vir die rekening teen die kontant fooi. Ongelukkig het ons nie toegang tot inligting oor jou mediese fonds rekening nie. Neem asseblief die tyd om jou mediese fonds persoonlik te kontak om bogenoemde inligting te bekom. Soms vereis mediese fondse ‘n diagnose voor hulle ‘n sielkundige se rekening sal betaal. Sommige fondse mag weier om ‘n rekening te betaal sonder ‘n diagnose. Bespreek gerus met my die diagnose op jou rekening en enige implikasies daarvan.
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm