Daar is slegs 3 uitsonderings tot vertroulikheid. Indien ek rede het om te glo dat jy (1) ‘n gevaar is vir jouself of (2) ‘n gevaar is vir iemand anders, dan word ek wetlik verplig om iemand in kennis te stel. Ek mag dalk iemand waarsku om jou veiligheid, of die veiligheid van iemand anders te beskerm. Dit beteken nie dat jy nie gedagtes rondom skade aan jouself (of skade aan iemand anders) met my kan bespreek nie. Dit beteken bloot dat ek wetlik verplig is om iemand te waarsku indien ek dink dat daar ‘n werklike risiko is dat jy hierdie gedagtes in dade gaan oorsit. Indien jy probleme met die gereg het (3) mag ek moontlik gedagvaar word, wat beteken dat ek wetlik verplig kan word om inligting oor ons werk te deel. Indien enige van die bogenoemde ooit gebeur sal ek alles in my vermoë doen om jou gedurende die proses ingelig te hou. Die realiteit in my praktyk is dat ek selde vertroulikheid moet breek, gewoonlik net om te verseker dat my kliënt veilig is in ‘n noodgeval. Ek het nog altyd dit eers met die kliënt self bespreek voordat ek die stap geneem het om ‘n derde party in te lig.
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm