My persoonlike en professionele etiese kode vereis dat ek alles wat jy sê, vertroulik hou. My notas word toegesluit en ek sal slegs inligting uitgee met jou toestemming (dit sluit jou lewensmaat, familielede, of enige iemand anders in). Jy is natuurlik welkom om jou terapie met andere te bespreek soos jy goed dink. Vertroulikheid geld net vir my as jou sielkundige. Daar is slegs 3 uitsonderings tot vertroulikheid vir noodgevalle. Lees asseblief hierdie 3 uitsonderings in die volgende ‘vraag en antwoord’.
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm