Hierdie is ‘n kort inleiding tot terapie en hoe ons moontlik sal kan saamwerk, asook wat jy kan verwag om te sorg dat dit ‘n verrykende en hulpsame ervaring is. Terapie is geneig om the ontwikkel tydens ‘n paar verskillende fases. Om hierdie fases te verstaan sal help om te sorg dat mens meer uit die proses kry. Gewoonlik begin ons met ‘n fase van evaluasie waar ons mekaar sal leer ken en uitvind hoe om ons tyd saam die beste te benut. In die terapeutiese fase werk ons aan die doelwitte wat ons in die evaluasie fase geïdentifiseer het. Dit is belangrik om te verstaan dat, alhoewel terapie persoonlike groei in die lang termyn kan bewerskstelling, dit wel ontstellend in die kort termyn kan wees. Suksesvolle terapie kan ook ontstellende nagevolge hê vir mense in jou lewe. Terapie bewerkstellig soms verandering in jou persoonlike lewe. Mense na aan jou mag dit dalk moeilik vind om aan te pas tot die veranderings wat jy kies om te maak. Terapie sal waarskynlik beter werk vir jou as jy vry voel om enige uitdagings wat jy gedurende die proses ervaar met my te bespreek, hetsy oor die proses of die inhoud van wat ons bespreek. Terapie kan soms intense emosies ontlok. Om hierdie rede is dit belangrik dat jy heeltemal gemaklik voel om te praat oor enige dilemmas of uitdagings wat jy ervaar terwyl ons saam werk. Jy of ek mag enige tyd oorweeg dat dit beter is om terapie te staak, weens verskeie redes. Noem dit asseblief indien jy voel dat dit beter is om terapie te staak, sodat ons dit kan afsluit op ‘n manier wat jou in staat stel om soveel as moontlik uit die proses te kry.
Fontana Gesondheidsentrum is oop vir die bespreking van afsprake, rekeningnavrae en administrasie gedurende normale kantoorure. Jy is welkom om my Praktykbestuurder Elizabeth te kontak:
reception@cornelverwey.com
021 982 2554
Ek is beskikbaar vir afsprake tussen hierdie tye:
Maandag 9vm – 6nm
Dinsdag 9vm – 5nm
Woensdag 9vm – 6nm
Donderdag 9vm – 5nm
Vrydag: 9vm – 12:30nm