Hoe lank is die sessies?

Sessies word geboek vir 60 minute. Ek spandeer 5-10 minute aan die einde van elke sessie om privaat notas te maak en te reflekteer op wat in die sessie gebeur het. Dit laat my toe om te dink oor wat vir jou van waarde was in die sessie, asook om ons werk vir die toekoms te beplan. Gedurende terapie kan dit moeilik wees om na die groter prentjie te kyk en terselfdertyd ook mooi te luister na wat jy sê. Dit kan van groot waarde vir beide van ons wees waneer ek na die sessie vir ‘n paar minute aan jou en jou uitdagings kan dink.